/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Headline News
12 January 2018

Northam – Dit is met leedwese dat ons die afsterwe van Derik de Jager met u deel. De Jager is oorlede na ‘n tragiese motorongeluk op Saterdag, 16 Desember in Northam. 


De Jager is gebore in Vryheid, Natal, op 17 Mei 1985 waar hy sy kinderlewe deurgebring het. Hy was die oudste van vier seuns. De Jager voltooi sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Voortrekker te Pietermaritzburg. 


Daarnaas is De Jager onderweg na Pretoria Tegnikon waar hy wildsbestuur studeer. Eers het hy vir vyf jaar op Elandsdrift vir Bill Venter gewerk, waarna hy aangestel is as plaasbestuurder op Khalanyoni Ranch by Northam. 


De Jager was ook lid van die plaaslike boerevereniging en het ook die Northam Brandweer vereniging verteenwoordig. 

“Derik was soos ‘n kind in ons huis,” aldus Jaritha Maree in ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder koerant. Jaritha, haar man Petrus Maree en De Jager het saamgewerk op Khalanyoni. “Ons gaan hom werklik mis.” 


Ons betuig ons innige meegevoel aan die vriende en familie van De Jager. 

Wyle Derik de Jager

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0