Articles
Sport & School News
13 September 2021

Thabazimbi – Laerskool Thabazimbi het op Vrydag 27 Augustus deelgeneem aan die ‘Dag van Hoop’ fondsinsameling wat deur ons dorp geïnisieer is.


Dit was ‘n groot voorreg vir die hoofleiers van Laerskool Thabazimbi om die pragtige bedrag van R5447,70 aan Tambotie Versorgingsentrum te kon oorhandig. Baie dankie aan Barbara Pienaar en haar span van Tambotie vir julle omgee, moeite en harde werk met ons dorp se bejaardes.


Baie dankie ook aan elke ouer en leerder wat deel was van hierdie fondsinsameling; sonder julle sou hierdie donasie nie moontlik gewees het nie. Baie dankie ook aan Carl Fröhlich van Zimbi Signs vir die borg van die tjek.  

Laerskool Thabazimbi leerders het R5447.70 ingesamel vir Tambotie Versorgingsentrum.

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...