Articles
Social & Community News
13 September 2021

Rustenburg –  ‘n Kamera of twee op die regte plek sal ons plaasgemeenskap veiliger laat slaap in die nag. 


Buffelshoek Plaaswag het ‘n fondsinsamelingsprojek geloods om veiligheid in die area op te skerp. Die fondse wat ingesamel word, sal gebruik word om kameras op verskeie punte op die N4 rondom Buffelshoek, Kraalhoek en Shylock op te sit. 


Lede van die plaaswag kan nie altyd orals wees en alles sien nie; die kameras sal hul onbaatsugtige werk heelwat vergemaklik. Dié tipe veiligheidskameras is een van die mees doeltreffende stelsels om misdaad te bekamp.  

Wen

Daar is fantastiese pryse op die spel en vir slegs R200 ‘n kaartjie staan jy ‘n kans om een van die volgende pryse te wen:

  • Naweekjag vir twee jagters met hul gesinne, verblyf in luukse akkommodasie in Maart of Mei 2022 in die Buffelshoek area. Twee blouwildebeesbulle en ‘n rooibok kan gejag word. 
  • Spoorsny kursus vir een persoon vir 10 dae.
  • Stihl MS382 kettingsaag. 
  • Stihl FS280 kwassnyer (brushcutter).
  • Dagjag in Mei 2022 met boog of geweer in Doornlaagte area walk and stalk. Enige dier kan gejag word behalwe ‘n kameelperd of swartwitpens.
  • Handgemaakte jag/ slagmes en knipmes stel.
  • Brekermengsel (crusher mix) 15m2  afgelewer gratis binne ‘n 20km radius vanaf Shylock.

Maak seker jy koop jou kaartjie voor 1 Oktober. Die trekking sal plaasvind op 7 Oktober by Klipgat Venue.


Om ‘n kaartjie te bekom, skakel Gian op 072 196 3300. Vir meer inligting kontak Deon Olivier 082 462 3288. 

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...