Articles
Sport & School News
26 January 2018

Setaria – Die Rhino Ringbal klub nooi almal uit na hul sosiale dag op Saterdag, 27 Januarie, wat sal plaasvind by die Setaria rekreasie klub se Ringbal bane om 11h00. 


Ringbal is ‘n passievolle sport en dus wil die klub die omgewing bekendstel aan hierdie onbekende spel. Daar is tans slegs twee Ringbal klubs in die distrik. Die dag se opbrengste sal dien ter fondsinsameling vir die klub se spelers wat Maart aan die NWO ligas deelneem. 


Elke speler is verantwoordelik vir sy eie spel klere, vervoer en enige ander onkoste gedurende die liga tydperk. Hierdie sosiale byeenkoms sal die spelers finansieel bystaan en ook meer bewusmaking van díe sportsoort in die kontrei bewerkstellig. 


Vir meer informasie, kontak Rita van der Westhuizen van die Rhino Ringbal klub by 014-785 0743 of 060-975 4994.

Share this article with a friend...