Articles
Sport & School News
11 September 2021

Bulls 48 -31 WP
Die span van Jake White behaal hulle 22ste agter opeenvolgende oorwinning op Fort Loftus en klop die WP gemaklik met 48-31.


Vir die Bulle was Johan Goosen die generaal. O aarde ou grote, The Goose speel tans die beste rugby van sy loopbaan. Sy visie en balverspreiding is top notch en dan is daar niks verkeerd met sy skopskoen nie! Hy teken 23 punte aan vir die Bulle wat ‘n puik drie insluit. 


Die Bulle het met hierdie oorwinning gewys dat hulle nie maklik van hulle gesogte Curriebeker gaan afstand doen nie. Hulle draf Saterdag om 17:00 teen die Sharks uit in Pretoria. 

Sharks 28-24 Griekwas
In die Haaitenk moes die Durbaniete vir tagtig minute vir hulle wickets keer ou grote. Die Diamantboere het met mag en mening die een aanslag op die ander geloods.

Oorgretigheid en onkunde hier en daar het die Kwaste die game gekos. Die Griekwas kan met reg trots wees om tot ‘n semi te kon deurdring voor die neuse van die Lions en Cheethas. 
Die Sharks reis nou Pretoria toe om in die finaal teen die Bulls te loop speel.


Die Bulle is beslis die gunstelinge om as 2021 kampioene gekroon te word. Hulle is ‘n puik gebalanseerde span en het al die skietgoed om die Haaie se dag op kantoor te versuur.
Braaivleis, ruggas en ‘n paar kouetjies vir pappa...

#FosteringASenseOfCommunity 

Share this article with a friend...