Articles
Headline News
06 September 2021

Thabazimbi – Verskeie vure rondom Thabazimbi het groot skade aangerig op Saterdag 28 Augustus. Sentrum, Thaba Begraafplaas en Cheetah Safari het swaar gelei onder die veldbrand wat baie vinnig versprei het. Thaba Fire and Rescue en Thabazimbi Gemeenskap Polisiëring Forum het hand aan hand gewerk met hulp van die Amandelbult Complex se noodgeval reaksie span om die vure te beveg. Hulp het ook van heinde en verre gekom om te kom help. 
“Ons wil vanoggend ons opregte dank uitspreek teenoor elke persoon wat hierheen gekom het om te help. Dankie vir elkeen se tyd weg van julle huise af en kilometers afgelê. Dis voorwaar ‘n riem onder die hart om te sien hoe ons mense saamstaan in tye van nood,” het die Theunissens van plaas Palmietvlei gesê. Palmietvlei is een van die plase wat groot skade gelei het as gevolg van die vure. Daar word ook groot dank en waardering gegee aan Rykie en Don May wat kos en water voorsien het vir dié wat ure lank teen die vuur baklei het.

Verskeie organisasies het vir ure teen ‘n vure baklei wat rondom Thabazimbi verwoesting gesaai het.

 

Share this article with a friend...