Articles
Social & Community News
23 July 2021

Thabazimbi – Ek is vir baie jare al ‘n inwoner van Thabazimbi en wil graag weet hoeveel betaalde werkers is daar tans by die Thabazimbi Munisipaliteit?


My skatting is so tussen 450 en 500. 
Daar is verskeie afdelings en elkeen is sekerlik beman met bekwame mense... maar vir een of ander rede as mens bel oor elektrisiteit, stukkende pype en paaie of selfs net ‘n draai maak by die kantore... is dit altyd ‘n gesukkel om diens te kry.


Wat dit nog erger maak is die feit dat ten spyte van die hoeveelheid werkers, moet die myne steeds gereeld ingryp om te help. 


En dis vergadering op vergadering... maar wat van aksie? Beloftes word gemaak... Die myne spring in... ons kla... 
Moeg vir die Munisipale Sirkus

Share this article with a friend...