/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
19 July 2021

Bekende en geliefde Thabazimbi inwoner Jan Trichardt is op Saterdag 10 Julie oorlede. Hy was ‘n diep gelowige man wat Chritelike beginsels met oorgawe uigeleef het en nie geskroom het om die Here se werk met passie te doen die. Jan was ‘n gesinsman by uitstek. Sy gesin was vir hom baie belangrik. As hy hulle elke dag naby hom kon hê, was hy gelukkig. Vir ‘n beter Oupa kon geen kind vra nie.  


Die Volksaak was vir hom ‘n ernstige saak of dit nou CVO skole, Gelofte feeste, Bokkie weke of wat ook al was, as hy eers sy hart daarop gesit het kon jy maar weet... hier gaan iets gebeur! Wanneer die gemeenskap hom nodig gehad het om leiding te neem het hy dit ook voluit gedoen. Daar kan met reg gesê word dat hy voluit geleef het en gedoen het wat sy hand gevind het om te doen. 


Aan liefde het dit hom nie ontbreek nie. Jan se liefde wat hy op sy medemens en gesin uitgestort het kan nie gemeet word nie. Hy was 61 jaar oud. Het in Thabazimbi grootgeword en skoolgegaan. Was vir 38 jaar met Helene getroud en laat drie seuns en drie skoondogters agter en sy hart se punt... sy ses kleinkinders. 

Ronald Graham du Toit is op Saterdag 10 Julie oorlede. Hy was ‘n familieman wat elkeen op sy eie manier lief gehad het. Ronald was ‘n kranige hengelaar en die viswaters van Hentiesbaai was een van sy gunsteling plekke. Almal het hom geken as ‘n mense-mens wat altyd reg was met ‘n grappie en sy lag was aansteeklik. 


Hy laat sy vrou, ses kinders en nege kleinkinders agter.


Sy roudiens sal op 19 Julie van hulle huis in Leeupoort Vakansie Dorp, soos hy dit graag wou gehad het, plaasvind. Slegs familie sal toegelaat word. Die diens sal ook uitgesaai word vir die wat graag die diens sou wou bywoon. Die skakel sal op ‘n latere stadium deurgegee word. Die familie wil graag dankie sê vir al die boodskappe, oproepe en bystand in hierdie moeilike tyd.

Slegs agt dae voor sy 59ste verjaarsdag is Ertjies de Witt op Vrydag 9 Julie in Thabazimbi Mediclinic oorlede. Ertjies was ‘n man wat omgegee het vir sy medemens en sy gemeenskap. Hy was by verskeie organisasies betrokke onder andere die Thabazimbi Homeless Shelter.

Hy was met trots deel van die Vryheidsfront Plus. Ertjies was ‘n voorslag in die kombuis wat sy familie bederf het met die heerlikste kos. Sy familie groet ‘n wonderlike eggenoot, pa en oupa.

Hy laat sy vrou, Annemie, sy drie kinders Saroné Ferreira, Ernst de Witt, Jaco de Witt en sy drie kleinkinders Tiaan, Ernst en Marinel agter. Geen roudiensreëlings is nog getref nie; die besonderhede sal binnekort deurgegee word.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0