Articles
Social & Community News
04 June 2021

Diederik Johannes Koekemoer, beter bekend as Hannes, is op Maandag 31 Mei op die ouderdom van 42 oorlede.
Hannes is op 20 Maart 1979 hier in Thabazimbi gebore. Hy het sy laerskool loopbaan by Laerskool Thabazimbi voltooi en sy hoërskool loopbaan by Hoërskool Frikkie Meyer waar hy in 1997 matrikuleer het. 
Hy het in 1980 saam met pa Dirk Koekemoer en ma Joey Koekemoer as ‘n vakleerling Bosveld Paneelkloppers begin waar hulle hand aan hand die gemeenskap se voertuie herstel het. In 2015 na sy pa se afsterwe, het Hannes as aandeelhouer met die besigheid aangegaan tot die gevestigde besigheid wat dit vandag is. 
Hannes was, is, en sal altyd ‘n bekende wees in Thabazimbi... veral as die bokslag kampioen van die Wildsfees waar hy ‘n rooibok kon afslag in 40 sekondes. 
Hannes laat sy twee kinders DJ en Antoinette saam met sy ma, twee susters, en twee swaers agter.
‘n Deurry eerbetoning vind op Vrydag 4 Junie plaas te Van der Bijl straat 3 by Bosveld Paneelkloppers se hek vanaf 11:00 tot 13:00.
Is u ‘n vriend, kennis, kliënt, verskaffer, kerkraadslid, jagmaat of het jy vir Hannes net van ‘n afstand af geken en wil graag eer betoon aan sy kinders en moeder wat hy agtergelaat het? Indien jy nie by die roudiens self sal wees nie – kom maak ‘n draai, bring iets saam wat jou aan laat dink – ‘n klippie, patroondoppie, bierproppie, grappie, blom, of ‘n foto met jou naam op die agterkant. Alles word vir sy kinders gebêre ter nagedagte aan hulle pa. Al ry u net verby en blaas op u toeter. Die familie sal u van agter die hekke groet.
Die formele inry roudiens vind dan op 9 Junie om 10:00 plaas vanuit die Nederduits Hervormde Kerk Vliegepoort. Ons vra dat u as gevolg van Covid-19 te alle tye in u voertuig sal bly en die reëls nakom. Die radio frekwensie sal voorsien word. 

Share this article with a friend...