/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Crime & Accidents News
01 December 2017

Die Nasionale Veediefstal Voorkomingsforum versoek dat alle rolspelers in die rooivleisbedryf dringend ‘n aktiewe rol begin speel om veediefstal te bekamp en die algemene publiek word versoek om veeboere by te staan in die stryd teen veediefstal.

Die nasionale misdaadstatistieke wat op 24 Oktober 2017 deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens beskikbaar gestel is, is deur die Nasionale Veediefstal Voorkomingsforum geanaliseer en die volgende inligting is van belang.

Veediefstal het op nasionale vlak met 8,8% gestyg. Hoewel dié styging as dramaties beskou kan word, is die redes daarvoor onbekend. Dit mag weens ‘n werklike styging in veediefstalsake wees, of dit mag wees dat die slagoffers dit net meer aanmeld.  In die tabel kan gesien word dat die stygings in die verskillende provinsies tot so hoog as 22,5% en so laag as 1,8% is.

Province 2015/16 2016/17 Increase/decrease Percentage
North West 2 605 3 192 587 22.5%
Mpumalanga 2 337 2 867 530 22.5%
Gauteng 818 987 169 20.7%
Limpopo 1 756 1 956 200 11.4%
Free State 3 466 3 677 21 6.1%
KwaZulu-Natal 5 731 5 959 228 4%
Eastern Cape 5 809 6 023 214 3.7%
Western Cape 861 885 24 2.8%
Northern Cape 1 132 1 356 24 1.8%
NATIONAL  24 715 26 902 2 187 8.8%

Nie-aanmelding van veediefstalsake

Statistieke Suid-Afrika het in 2011 gerapporteer dat 36,3% van veediefstalsake nie deur die slagoffers aangemeld word nie. In 2012 het dié syfer tot 40,1% gestyg en in 2013 het dit drasties tot 63% gestyg. Dié verskynsel is nie in 2014 se opname geëvalueer nie. Lombaard (2014) het egter bevind dat 75% van die diefstal van skape in die Vrystaat nie aangemeld word nie. Dié syfers word tans verder bevraagteken omdat inligting van die provinsies daarop dui dat die nie-aanmelding van sake tans so hoog as 80% tot 85% in sekere distrikte is.

Aan die hand van die beskikbare inligting en gesien in die lig van die feit dat die feesseisoen en die plantseisoen op hande is, versoek die Nasionale Veediefstal Voorkomingsforum die volgende:

  • Dat alle vee-eienaars ‘n unieke identifikasie merk (brand- of tatoeëermerk) in hul name registreer en dit op alle vee in hul besit aanbring op die voorgeskrewe manier soos omskryf in die Wet op Diere-identifikasie, Wet 6 van 2002.
  • Die voltooiing en indiening van die “dokument van identifikasie” en die veeverwyderingsertifikaat met alle transaksies. 
  • Dat alle veekopers, afslaers, voerkrale en abattoirs vee-eienaarskap bevestig en weier om vee te aanvaar wat nie gemerk of waar die identifikasie dokument of veeverwydering sertifikaat, nie voorsien word nie.
  • Dat alle identifikasie dokumente vir 12 maande op rekord gehou word.
  • Dat vee-eienaars hul vee gereeld tel en nie gedurende die plantseisoen ophou om dit te doen nie. As verliese eers ná die plantseisoen ontdek word, is dit heeltemal te laat om iets daaraan te doen.

Ekstrakte van die Nasionale Veediefstal Voorkomingsforum persverklaring, 23 November

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0