Articles
Headline News
19 May 2021

Thabazimbi –  Trauma Rescue is vanaf Woensdag 5 Mei amptelik reg vir aksie om te help waar nodig in Thabazimbi.

Dié ambulansdiens het in 2002 sy eerste tak se deure geopen met een reaksie voertuig en een ambulans. Van daar af het hul net van krag tot grag gegroei en spog nou met 14 ambulanse, vier reaksie voertuie, asook gespesialiseerde voertuie vir buitemuurse aktiwiteite en sport geleenthede se mediese bystand. Hul gespesialiseerde intensiewe sorg ambulans is operasioneel in Thabazimbi om vinnig en gereed enige noodgeval te hanteer. 

“Ons streef na optimale pasiënt sorg, dus is ons voertuie ten volle toegerus met die beste toerusting en ons personeel se opleiding is van top gehalte,” aldus algemene bestuurder Wentzel Dippenaar.Trauma Rescue beskik oor opleidingsentrums vir noodhulp opleiding en om mediese bystand te lewer by sport en spesiale aangeleenthede. Hulle is geregistreerd as ‘n gevorderde lewenssorg ambulansdiens, en is ingekontrakteer met meeste mediese fondse.
 
Kontak hulle gerus vir ‘n kwotasie en spesiale afslag vir pensionarisse. Stoor hul nommer 0861 789 911 op jou foon onder ambulans, jy kan ‘n lewe red! 

Trauma Rescue se span wat aktief is in Northam.
Basic life support verteenwoordiger Andrew Molobasi en emergency care technician Thebogo Mpai is deel van die Thabazimbi Trauma Rescue span.

 

Share this article with a friend...