/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
01 December 2017

Die Bokke neem wraak vir die vernederende neerlaag verlede jaar die tyd teen Italië in Padova, en wen gemaklik 35-6. 

Die vories was goed in die skrums en lynstane en was ‘n goeie grondslag vir Handrè Pollard. Díe Bok losskakel het met baie meer selfvertroue gespeel en is ook welverdiend aangewys as speler van die wedstryd. 

Duane Vermeulen was ook ‘n yster en het sy waarde gewys as agsteman. Francois Venter het goed vertoon op twaalf met Skasan wat ongelukkig dalk net te lig in die broek is vir toets ruggas. Maar in geheel ou groene, is die ouens nog nie naastenby in die klas van Engeland nie!

Die Bokke speel volgende teen die Rooi Drake en hierdie kan dalk die strafste toets ná Ierland wees. Baie druk gaan op Toetie wees om die lostrio kombinasie te kies, want Vermeulen en Louw is nie beskikbaar vir die Toets teen Wallis nie...

Ander Uitslae:
Skotland 53 – Australië 24 (en let daarop asseblief, dit is nie ‘n drukfout nie!)
Wallis 18 – Nieu-Seeland 33 
Frankryk 23 – Japan 23
Ierland 28 – Argentinië
Engeland 48 – Samoa 14

Die Blitsbokke se seisoen skop eerskomende naweek in Dubai af en die Wêreld Kampioene wil sommer van die staanspoor af hul nekke lekker dik maak man!

Nag ou groene…

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0