Articles
Social & Community News
16 February 2021

Frankryk vs Italië
Die Franse speel puik ruggas en druk sewe drieë en klop Italië 50-10. Die Franse Hane is sommer vroeg in die seisoen stert in die lug en kan pronk met die goeie oorwinning oor Italië. Die Hane gaan gewis hierdie seisoen die ander nasies harde bene laat kou. Hulle volgende wedstryd is teen Ierland op Sondag 14 Februarie om 17:00. Italië gaan teen Engeland Saterdag om 16:15 uitdraf.


Wallis vs Ierland
Die rooikaart in die 14de minuut aan Peter O’Mahony het vir Ierland die game gekos. Wallis het toe rooi gesien en het die Iere besig gehou en wen 21-16. Ierland se volgende game is teen Frankryk en dit beloof om ‘n riller te wees. Wallis speel volgende teen die Skotte wat op ‘n high is na hulle wen teen Engeland.


Engeland vs Skotland
Vir die eerste keer in 38 jaar kry die dapper Skotte dit reg om Engeland op Twickenham te wen! Skotland wen 11-6 en die enigste drie van die game word deur die fris Suid Afrikaner Duhan van der Merwe gedruk. Die belowende vleuel het met brute krag die Ingelse bleekbene uit die pad gehardloop om die puik drie te druk. Eddie Jones en sy windgat cappie is maar lekker suurgesig en nie juis spraaksaam nie. Skotland speel volgende teen Wallis en die Engelse gaan teen Italië uitdraf.
Good night Sir...

Share this article with a friend...