Articles
Headline News
16 February 2021

Thabazimbi –  Die Thabazimbi gemeenskap word versoek om nie onnodig kanse te vat op moerasagtige verspoelde servituut paaie nie. Op Saterdag 6 Februarie moes lede van die Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) sowat R2,000 aan diesel spandeer vir trekkers, ‘n TLB en bakkies om voertuie uit die modder uit te sleep op Kromdraai se servituut paaie. Van dieselfde mense het teen Sondag steeds gedink dat hul 4x4 voertuie die mas sal opkom, maar moes toe rooi in die gesig staan terwyl hulle weereens uit die modder uitgetrek was. Waarskuwing: Jy gaan self verantwoordelik gehou word vir die kostes van brandstof om jou uit te trek as jy sulke kanse vat.

‘n Bakkie het ‘diep spore’ getrap in die pad.
‘n TLB moes ingeroep word om die voertuie uit die modder uit te help.
Selfs trekkers het lekker modder getrap. 

 

Share this article with a friend...