Articles
Sport & School News
12 January 2021

Sharks vs Griekwas
Die Haaie was eenvoudig net te sterk vir die moedige Griekwas in Durban en wen gemaklik met 47-19. Die Griekwas het in die tweede minuut van die game met 7-0 voorgeloop, maar dit was ongelukkig vreugde van korte duur.

Die Haaie se laaste game is teen die WP op Nuweland. Hierdie game sal bepaal of die Haaie tuis ‘n semi-finaal sal speel. Die Griekwas se laaste game is teen die Cheetahs in Kimberley.

Pumas vs Leeus
In Mbombela Stadium moes die Leeus hard veg vir ‘n oorwinning en troef die Pumas 33-25. Die man van die dag was die jong heelagter van die Leeus, Tiaan Swanepoel, wat 22 punte aanteken het vir die Leeus. Die jong maanhaar druk twee puik drieë en klits vier strafdoele deur die pale. Die Pumas kan hulleself skop dat hulle soveel kanse om punte aan te kon aanteken verbrou het.

Cheetahs vs WP
In die Rosestad word die Cheetahs se bekerdrome beëindig in ‘n dramatiese game ou grote. Die Kapenaars wen 31-29 met ‘n strafdoel deur Tim Swiel in die laaste sekondes van die game. Op die dag was die WP se skrums eenvoudig net te veel vir die voorry van die Blikore – en hulle ondergang. Die kanonvoet van François Steyn het die blikore deurgaans in die game gehou maar dit was nie goed genoeg nie. Die Cheetahs se bekerdrome is nou daarmee heen en die gesogte beker gaan nou ‘n ander tuiste kry. Vir baie Vrystaat ondersteuners is dit ‘n bitter pil om te sluk en dan boonop is hulle uit die PRO-14 geboelie.

Die WP speel volgende teen die Haaie in Kaapstad en die Cheetahs gaan teen die Griekwas in Kimberley uitdraf.
Nag ou grote...

Share this article with a friend...