Articles
Sport & School News
11 September 2020

Thabazimbi – “Ons is hier om ‘n verskil te maak”. Dit was die woorde van AfriForum se Thabazimbi-tak voorsitter, Pieter Lambrecht tydens ‘n boomplant geleentheid by Laerskool Thabazimbi op Dinsdag 1 September.

Saam met plaaslike bestuurslede Jan Vermaak en Lambert Joubert, het AfriForum een van ‘n aantal inheemse bome op Laerskool Thabazimbi se terrein geplant. Die Laerskool Thabazimbi leiers, onder leiding van meneer Nico Engelbrecht, het ook vyf Huilboerboon boompies geplant tydens die seremonie. Laerskool Thabazimbi wil AfriForum bedank vir hulle bydrae.

Pieter Lambrecht het uitgewy op watter ander wyses die organisasie reeds by die gemeenskap betrokke is. Dit behels onder meer die monitering van die dorp se drinkwater asook die asgate. Dit is veral die bedryf van die asgate op Thabazimbi wat al ‘n geruime tyd veel te wense oorlaat. Die toestand daar word op ‘n deurlopende basis onder die owerhede se aandag gebring.
‘n Verdere verwikkeling is die stigting van ‘n plaaslike AfriForum buurtwag eersdaags. Met die sukses wat daar reeds die afgelope tyd deur middel van die Matlabas Plaaswag met die distrik se veiligheid bereik is, is dit die volgende logiese stap.

Inwoners van Thabazimbi wat met AfriForum se gemeenskap en veiligheid projekte betrokke wil raak, kan gerus met Lambert Joubert by 076 805 7559 in verbinding tree.
 

AfriForum en Laerskool Thabazimbi personeel en leerders.
Laerskool Thabazimbi leiers het Huilboerboon bome geplant op die skoolterrein.

 

Share this article with a friend...