/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
11 August 2017

Thabazimbi – Anzel Meyer, die gewese Mej Thabazimbi, het op Saterdag 29 Julie haar kroon finaal oorhandig. Platinum Bushvelder het met haar gaan gesels oor haar jaar as Thaba se mooiste blom en haar toekomsplanne.

“Vir my was dit ‘n jaar van opwinding. Mej Thabazimbi was lekker en ek het ongelooflik baie geleer. Ek is gekies vir SA Fashion Week, was in die rolprent Vir Die Voëls en is as finalis in verskeie modelkompetisies gekies,”  sê die pragtige jong dame van haar jaar as Mej Thabazimbi.

Anzel Meyer, verlede jaar se Mej Thabazimbi
Anzel Meyer, verlede jaar se Mej Thabazimbi

Op die ouderdom van 15, is Anzel die jongste Mej Thaba ooit. Sy is in die Hoërskool Frikkie Meyer in graad 10 en haar gunsteling vak is Gasvryheid. Sy speel graag netbal so tussen die modelwerk deur. In haar alledaagse lewe strewe sy daarna om elke dag positief en behulpsaam te wees en haar droom is om Fashion Week klaar te maak.

“My boodskap is dat elke mens kan wees wie hy wil, wanneer hy wil, glo net in jouself,” sê sy.

“Ons het baie oulike borge gekry vir vanjaar se mej Thabazimbi. Dankie aan  Esperanza, Matsimela Spa, Netasha, All 4 Nails, Nicola, Mari Engelbreght en Mareike.”

Mej Thabazimbi Skou 2017, Vicky-Lee Armstrong. Foto: Charl du Plessis (snap2art@gmail.com)
Mej Thabazimbi Skou 2017, Vicky-Lee Armstrong. Foto: Charl du Plessis (snap2art@gmail.com)

Aan die nuwe Mej Thabazimbi Skou 2017, Vicky-Lee Armstrong – baie baie geluk en mag jy elke oomblik daarvan geniet!

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0