Articles
Sport & School News
31 October 2017

Thabazimbi – Laerskool Thabazimbi is baie trots op hul eerste krieketspan. Hierdie jong manne is as Limpopo  Provinsiale wenners vir groot skole gekroon. 

Hulle het op 17 Oktober in die finaal teen Laerskool Tzaneen in Naboomspruit gespeel en díe span met 4 paaltjies gewen.

Wat hierdie wen nog meer spesiaal maak, is die feit dat beide Laerskool Thabazimbi sowel as Hoërskool Frikkie Meyer in dieselfde seisoen as Provinsiale Wenners gekroon is. Hierdie is werklik 'n geskiedkundige gebeurtenis!

Agter van links: Tristan Brits, Nicolas Snyman, en mnr Michael Karemaker (afrigter). Middel van links: De Wet van der Walt, SJ ver der Linde, Chrisjan Bornmann, Franco Verceuil, en HJ Janse van Rensburg. Voor van links: Gerdro Grobler, Joshua de Beer, Edward Terblanche, Tommie Swanepoel, en Marcus de Aguiar.

 

Share this article with a friend...