Articles
Social & Community News
21 October 2017

Thabazimbi – Twee sussies van  Thabazimbi het op 3 Oktober deelgeneem aan die nasionale rondte van die Suid Afrikaanse kampioenskappe vir drama. 

Taryn Stander (8) en Milan Stander (5) het besonder goed presteer. Die SATCH nasionale kampioenskappe was hierdie jaar by die prag kasteel, Sorex Estate te Centurion aangebied.

Die sussies het saam drie duette opgevoer en ook hul eie solo’s. Tussen die twee van hulle het hul vier goue en drie silwer medaljes verower. Tydens de prysuitdeling op Vrydag, 6 Oktober, is daar aangekondig dat albei nooientjies genooi is om deel te neem aan die internasionale rondte te Orlando, Florida in Desember vanjaar.

Milan Stander en Taryn Stander
Vyfjarige Milan Stander was die jongste deelnemer, maar is as die beste junior akteur 4 tot 14 jaar gekies

 

Share this article with a friend...