Articles
Headline News
04 October 2019

Thabazimbi – Medhof Apteek het ‘n vrolike familiedag gehou op Saterdag 28 September ten bate van Thabazimbi Animal Rescue (TAR). Met ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite om aan deel te neem, kon diereliefhebbers hulself geniet en so ook ‘n bydrae maak vir die diere by TAR.


Die dag het nie net die diertjies gehelp met kos nie, maar het ook verseker dat Wakkie, ‘n hondjie wat al vir sewe maande by TAR is, uiteindelik ‘n liefdevolle tuiste gekry het. 
‘n Kompetisie vir die ‘mooiste en lelikste hond’ is aangebied. 


Rina Stander se hond Layla het die prys gewen vir die mooiste hond en Lilly Venter se hond Vlooi is gekroon as die lelikste hond.


Baie dankie aan al die borge wat bygedra het om van die dag ‘n sukses te maak:
• El Shadai Gastehuis • Vital • Nativa • Cipla • Aspen Pharmacare • Austell • Pondok 
• Wes Enterprises • Busicor • Thabazimbi Spar • S&Z Paneelkloppers • Obaro Thabazimbi • NG Kerk Thabazimbi • Smart Brain Kids • Limpopo Stationary • Glenmark Pharmaceuticals • Golden Flamingo en 
• Eagle Mountain Spur.


Baie dankie ook aan elke lid van die gemeenskap wat hul harte oopgemaak het om te help.

Die deelnemers en beoordelaars van die mooiste en lelikste hond-kompetisie.
Chanté Mulder en Oreo.
Die donasies wat ingesamel is.
Tersia Maree (links) en Nicole Murray met hul honde-kinders.

 

Share this article with a friend...