/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
13 October 2017

Ek is my lewe lank oefen-verslaaf, hoofsaaklik as gevolg van mediese probleme van kindsbeen af, as motivering om my gesondheid te verbeter. Op ‘n jong ouderdom ontdek ek toe sport as ‘n beter doelwit om oefeninge voor aan te wend.

Dit lewer wel die beoogde gesondheidsresultate maar bring ook ‘n erge kompeterende en wenner gesindheid mee. Díe soort gesindheid wat maak dat party mense van jou hou en die meeste jou as arrogant of vol van jouself beskou.

So loop staan en verwonder ek my aan die oefen spesie en elke outjie en vroutjie se plan om die beste te wees. Dit wissel van reg eet, reg oefen, reg dink, reg praat en reg slaap tot salf smeer, pille drink en om van studies oor die liggaam nie eers te praat nie! Die spiere het name, die masjiene jaarmodel uitgawes en elke yster is vir ‘n spiergroep bedoel.

So kom hulle gym met ‘n waterbottel wat alles behalwe water inhet en ‘n vars handdoekie. Laat die spul my in my geestesoog herinner aan die viswaters. Eers bietjie rondkyk vir die regte spot waar die vis loop. Dan die kleur van die water, plante, bome en windrigting... Haakplekke en diepte...

Die eintlike ooreenkoms kom dan by die aas. Elke hengelaar glo in sy reseppie en konkoksie. Elke gym atleet het ook maar so ‘n kassie mutie om mooier, sterker en groter te wees. Ek vermoed die ware gymmer neem sy pre-workout en post-workout poeiertjies, pilletjies en inspuitings stilletjies in eensame aanhouding agter ‘n toe toilet of badkamer deur. Seker ook ‘n ander ietsie vir kuite tot agter die ore spier groepe. Soos in ‘n ware hengelaar se muti kas.

Griet Gert!... Daar is spasie vir almal se geite en giere. Sien jou by die gym!

Groetnis, Oom Mamba

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0