Articles
Social & Community News
06 September 2019

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se eerste hokkiespan het vanaf 14 tot 18 Augustus die skool trots gemaak tydens die Noordvaal hokkietoernooi. Hul eindig top in die poel en speel teen Ben Viljoen in die kwart-finaal. 


Hierdie was ‘n besonderse groep spelers, waarvan die matrieks al jare lank saam speel en hierdie jaar was meeste van hulle se vyfde Noordvaal. Die afrigters Henco Smith en Hanlie du Plessis stap ook al ‘n geruime tyd die pad saam met die spelers, wat saam met Rentia Erasmus hard voorberei het vir die toernooi. 


Die dogters speel gelykop teen Ben Viljoen 1-1 en verloor ongelukkig 4-2 met ‘n 8-sekonde shoot-out.

“In my oë het hul houding en hartsmotief hulle almal wenners gemaak,” sê Rentia.

Dankie aan die skoolhoof, meneer Collin Campbell, die skool en die beheerliggaam vir al die ondersteuning gedurende die hokkieseisoen.

HFM eerste hokkiespan.

 

Share this article with a friend...