Articles
Headline News
13 October 2017

Thabazimbi – Kruiskrag Gimnastiek se gimnaste het met grasie en swier gespog in die afgelope week se Suid Afrikaanse Gimnastiek Spele tussen 1-7 Oktober 2017 te Matsport Pro-sentrum in Pretoria. 

Die gimnaste van Thabazimbi het saam met  gimnaste van regoor Suid-Afrika deelneem. In sommige afdelings was tot 60 gimnaste per ouderdomsgroep ingeskryf. Kruiskrag Gimnastiek het pragtig presteer in hulle Limpopo monderings. 

Musiek, swier, spoggerige uitrustings en sportmanskap was deel van die deelname. Geluk met elke medalje, goeie punt en ook persoonlike verbeterings. 

Abraham Groenewald is die breinkind van Kruiskrag. Hy is ook die dryfveer vir die afronding van die gimnaste. Harde werk, bloedsweet en deursettingsvermoë maak van elke gimnas ‘n kampioen. In die meegaande fotos wys die grasie, swier en krag wat die vrugte is van ‘n paar jaar se werk. Getrou aan Kruiskrag se naam: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (Filippense 4:13) . Die gimnaste van Kruiskrag wys: “Gravitasie is ‘n mite” (die leuse van Kruiskrag).

Die Gimnaste het Limpopo ere-kleure behaal in 2017. 1ste ry van links: Francois Brits, Zander Coetzee, Hendrew Pelser; 2de ry van links: Aart Broekhuizen, Luca Coetzee, en Hendrew Pelser; 3de ry van links: Jo-Lize Butler, Gerhard Snyman en Naomi Campbell. Afwesig: Andries Venter en Serena Fernandes.
Zander Coetzee (vlak 4) en Wihan Pretorius  klim bedrewe tou vir krag oefening.
Abraham help Aart Broekhuizen (vlak 4) om stil te hang voor die aanset van die rekstok-reeks.
Luca Coetzee maak gereed om die “mushroom” te sirkel. Die apparaat leer die basiese beginsels van  die beuelperd vir manlike gimnaste.
Hendrew Pelser (vlak 5) besig op die brug. Krag in die bolyf en goeie uitvoering van die reeks is belangrik.
Gerhard Snyman wys die krag, stamina en soepelheid wat vereis word van ‘n gimnas op die brug.

 

 

 

Share this article with a friend...