Articles
Social & Community News
18 October 2017

Thabazimbi – Kersfees is vir elke kind ‘n droom... ‘n Spesiale dag met ‘n lekker bord kos, gesigte wat glimlag, en ‘n geskenkie wat bewonder word. ‘n Dag om elke kind se hart warm te maak en hul ogies te laat skitter.

Hierdie spesiale oomblikke is ongelukkig nie vir elke kind beskore nie. Chante Mulder van Thabazimbi wil graag vir die kinders van die Bethlehem voedingskema, Kersfees spesiaal maak. Sy is tans besig om 500 geskenkies in te samel – en het jou hulp nodig.

“Maak asseblief jul harte oop en help my om die kinders gelukkig te maak op Kersdag. Dit hoef nie groot te wees nie,” vertel grootoog Chante aan die Platinum Bushvelder koerant. “Dit kan tandeborsels, tandepasta, ‘n mooi waslappie, seep, en lekkers wees.” Chante sê sy het ook 2l roomysbakkies nodig om die geskenke in te pak voor sy dit toedraai.

Indien u belangstel om by hierdie projek betrokke te raak, kom gooi ‘n draai by die Platinum Bushvelder koerant om die geskenk-items te kom aflewer. Vir enige navrae, skakel Reinette by 081-309 3876.

Chante Mulder (regs) by die Bethlehem voedingskema te Thabazimbi.

 

Share this article with a friend...