Articles
Headline News
02 August 2019

Thabazimbi – Dié jaar se Thabazimbi Landbouskou van 25 tot 27 Julie was weereens ‘n avontuur gevul met helder kleure, goeie musiek en die reuk van braaivleis, toffie-appels en spookasem.

Dit was ‘n geleentheid vir musiekliefhebbers, fynproewers en families om bymekaar te kom en die geselligheid van die skou te geniet.


Daar was stalletjies om van te kies en keur met juwele, kos, klere, speelgoed en allerlei produkte vir jonk en oud. 


Die mallemeule het natuurlik gesorg vir baie skaterlag en bleek gesiggies terwyl skougangers heen en weer geswaai word op die pretritte.


Dit was immers ‘n landbouskou en sou nie bosveldbevange gewees het sonder die verskeie vee kompetisies nie. Hierdie was ook ‘n gulde geleentheid om die nuwe Mej Thabazimbi te kroon asook die wenners van die baba en kleuter fotokompetisie. Kunstenaars Elandre Schwartz, Juan Boucher, Ricus Nel en Liza Bronner het gesorg vir fantastiese vermaak.


Die jaar se skou sal voorwaar onthou word as een vir die boeke.

Die trekkers was net een van die vele handgemaakte produkte wat by die skou beskikbaar was.
Chanté Mulder is in haar noppies met die items wat sy by die stalletjies aangeskaf het.

 

Share this article with a friend...