Articles
Headline News
02 August 2019

Thabazimbi – Die jaarlikse Thabazimbi Landbouskou trap diep spore in die kontrei en die interraskampioenskappe is een van die grootste trekpleisters vir boere om hul vee te kom skou. 


Marius Barkhuizen, alombekende interras beoordelaar het kom heldp om die kaf van die koring te kom skei. John Davenport was in sy noppies nadat sy Limousin koei as algehele kampioen van 2019 aangewys is. Boonop het sy Limousin bul tweede plek behaal. 


Ruan Beukes, organiseerder van die kampioenskap het in ‘n onderhoud aan Platinum Bushvelder gesê: “Ons is so dankbaar vir die groot aantal deelnemers en die goeie gees en samewerking van almal – dit is waarvoor Thabazimbi Landbouskou bekend staan.”

Marius Barkhuizen (derde van links) en die hanteerders.
Dié Limousin koei van John Davenport is as die algehele senior kampioen aangewys vir die Thabazimbi Landbouskou 2019. 

 

Share this article with a friend...