Articles
Sport & School News
02 August 2019

Nieu-Seeland vs Suid Afrika
In Wellington speel die All Blacks en die Springbokke wragtigwaar gelykop met 16 elk. Die Bokke het redelik goed in die eerste helfte gespeel terwyl die Kiwi’s in die tweede helfte ‘n eiertjie te lê gehad het.

Die Bokke was gelukkig om in die laaste minuut die gelukmakende punte aan te teken deur ‘n goeie drie deur Herschel Jantjies en die beslissende doelskop van Handrè Pollard. “BMT het die man” sê ons mos nou al baie lank! Hy gaan die troefkaart vir die Bokke in die Wêreld Beker wees later vanjaar, watch this space!


Die All Blacks speel op 10 Augustus teen Australië in Perth, met die Bokke wat Buenos Aires toe moet reis om teen die Pumas te gaan baklei en om dalk as kampioen gekroon te word. Die All Blacks moet die Aussies met meer as veertig punte klop om die titel te kan inpalm.


Australië vs Argentinië
In Brisbane verras die Aussies en klop die Pumas 16-10. Die dapper Christian Lealiifano, wat wonderbaarlik van Bloedkanker genees is, het vir die Aussies uitgeblink op losskakel en teken 11 punte aan en speel ook ‘n puik game op tien. 


Australië moet op alle silinders vuur op 10 Augustus wanneer hulle teen die All Blacks uitdraf. Die All Blacks is tans nie goed op dreef nie en kan dalk verras word deur die Aussies.

Die Pumas op hulle beurt kan dalk in Buenos Aires verras teen die Bokke ou groene. A-span of B-span, die span wat opdaag gaan beslis weet hulle was in ‘n rugby game betrokke voor die eindfluitjie blaas.


Nag ou groenes... 

Share this article with a friend...