/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
02 August 2019

Pumas vs Blou Bulle
In Nelspruit het die Pumas ongetwyfel hulle beste ruggas vanjaar gejol, maar selfs dit was nog nie goed genoeg om die Bulle te troef nie. Die Bulle wen 25-17 en mense... die letsels van ‘n harde game is te sien op die manne se gesigte.

In die Puma span het die agsteman en gewese PUK speler Jeandré Rudolph ‘n reuse game gespeel en die man het nie verdien om in ‘n verloorspan te wees nie. Vir die Bulle het die Blitsbok drieë-vraat, Rosco Specman, geskitter en druk drie skitterdrieë ou grote. 


Die Bulle speel volgende teen die Griekwas op Fort Loftus en hierdie game sal baie vir die Bulle beteken want ‘n wen is nie onderhandelbaar nie! Die Pumas gaan as gasheer vir die Haaie in Nelspruit speel.


Toyota Vrystaat vs Griekwas
In die Rosestad het die Blikore amok gemaak en hardloop die Diamantboere dronk en druk niks minder as tien drieë nie. Hierdie Vrystaat span het ander planne vanjaar en lyk vlymskerp en met dié tipe spel wat hulle opdis, gaan hulle moeilik geklop word. Hulle wen hierdie wedstryd 68-14.


Die Griekwas moet die Bulle volgende aandurf op Fort Loftus en die Cheetahs maak hulle kloue skerp vir ‘n katgeveg teen die Leeus in Bloemfontein.


WP vs Leeus
Nuweland en omliggende dele in die Kaap was weer in rou gedompel en dit was nie Jan se skuld nie! Die WP ondersteuners het weer ‘n skielike tekort na vloeistof gehad want hulle seuns verloor 28-30 teen die Leeus.


In Tyrone Green het SA ook ‘n Damian McKenzie ou grote. Hierdie mannetjie is seker op die oomblik die grootste x-faktor in die reeks. Hy kom van sy eie tien tree af en klop die WP verdediging om onder die pale oor te gaan vir ‘n briljante drie. Die Leeus draf volgende teen die wille wragtig Blikoor Vrystaters in Bloemfontein uit terwyl die WP ‘n blaaskans kry en die ondersteuners ‘n tweede asem.

Nag ou grote…

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0