Articles
Social & Community News
12 October 2017

Thabazimbi – Die Cimarron Iron Clan motorfietsklub in Thabazimbi is ‘n familie-georiënteerde klub wat uit ‘n dinamiese groep mans en vrouens bestaan. 

Hulle is van 13 clans (vertakkings) in Suid-Afrika en is gestig deur die nasionale klub president De Wet in Pretoria. Die Thabazimbi-klub bestaan nou al vir vier jaar.

Elke jaar neem die klub ‘n instansie of groep aan – en dan word daar geld ingesamel, bederf en soms word daar fisiese hulp verleen, afhangende van die behoefte van die instansie. Vanjaar is die klub betrokke by Huis Tambotie, ‘n versorgingsentrum vir bejaarde mense wat afhanklik is van voltydse versorging.

‘n Wyle terug was die ou mensies bederf met ‘n lekker braai en die dames se hande, voete en naels versorg. Díe dag het die klub se manne skouer aan die wiel gesit en gehelp om items in die sentrum te herstel. Van toiletsitplekke tot skuifdeure wat al vir ‘n geruime tyd buite aksie was.

Gedurende die saamtrek is daar bepaal dat die sentrum ‘n behoefte aan ‘n salonwasbak het, wanneer die versorgingspersoneel die bejaardes se hare was. Die Cimarron Iron Clan motorfietsklub het ‘n donasie gekry vir ‘n wasbak en op 7 September díe wasbak gaan installeer.

Steeds is daar ‘n finansiële tekort om van die beddens en ander noodsaaklikhede te vervang. Die naweek word daar ‘n gholfdag aangebied ter fondsinsamelingsprojek.

“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om die gholfdag saam met ons te kom geniet. Kom help om Huis Tambotie by te staan deur ‘n paar putjies gholf te speel. Enige ander bydraes is ook welkom,”aldus Henk Botha.

Vir meer informasie, skakel Henk Botha by 079-740 2759, Daleen by 076-303 0301, Rika by  060-628 5566, Gert by 083-961 8319 of Wiele by 072-215 2262.

Fondsinsamelingsprojek vir Huis Tambotie

Plek:                Amandelbult Gholfklub

Datum:            14 Oktober

Tyd:                10h00 vir 10h30 (shotgun)

Formaat:         Better Ball scramble drive (2 spelers)

Vir meer informasie, skakel Melisa by 072-018 4674, Rika by 060-628 5566, Daleen by 076-303 0301 of Henk by 079-740 2759.  

Die Cimarron Iron Clan motorfietsklub het ‘n donasie gekry vir ‘n wasbak en op 7 September díe wasbak gaan installeer.


 

Share this article with a friend...