/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Headline News
19 July 2019

Thabazimbi – Lizandri Oosthuizen, ‘n 11-jarige leerder van Laerskool Thabazimbi, het op 5 Julie brandwonde oor 45% van haar liggaam opgedoen in ‘n fratsongeluk.


Haar lae rug het die seerste gekry met derdegraadse brandwonde. Sy is sterk tans aan in Steve Biko hospitaal te Pretoria maar daar is nog ‘n baie lang duur pad na herstel wat vir haar voorlê. Sy moet verskeie veloorplantings ondergaan – asook fisioterapie. 


Lizandri se ma, Chantell Saunders, is ‘n enkelouer nadat Lizandri se pa in 2016 aan ‘n hartaanval oorlede is. Die mediese onkostes lê soos ‘n berg voor haar.

In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het Chantell gesê:

“Baie dankie vir al die ondersteuning wat ons ontvang, julle aanmoediging, gebede en bydrae word opreg waardeer.”


Diegene wat graag op hoogte wil bly van haar vordering kan haar Facebook blad Lizandri Oosthuizen gebed en fondsinameling volg. Om ‘n helpende hand te wees vir die familie, skakel Chantell op 083 244 3256.

Lizandri Oosthuizen voor die ongeluk.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0