/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
28 June 2019

Thabazimbi – Nadat Rolleen du Plessis aangewys is as ‘n finalis vir Mej Thabazimbi op 10 Mei, het sy dadelik skouer aan die wiel gesit om haar liefdadigheidsprojekte af te skop.


Thabazimbi Animal Rescue (TAR) is ‘n organisasie wat baie na aan haar hart lê en sy het besluit om donasies vir hul in te samel. Verskeie afleweringspunte waar die gemeenskap kos en kombersies kon aflewer, is regoor die dorp opgerig. 


Op Woensdag 19 Junie het Rolleen die donasies aan TAR oorhandig.

In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het bestuurder van TAR, Tanya Stone Cambell, gesê:

“Ons is baie dankbaar dat Rolleen ons gekies het as een van haar liefdadigheidsprojekte.

Sy het werklik ‘n positiewe verskil gemaak en ons en die diere waardeer dit opreg.

Dankie aan al die besighede wat toelaat dat Rolleen ‘n afleweringspunte by hul persele kan plaas.”


Daar is steeds punte by Medivet Dierekliniek, Kransberg Dierekliniek, NTK, Wes Voere en Medhof Apteek waar die gemeenskap donasies kan aflewer.


Die Mej Thabazimbi kroning sal plaasvind tydens die skou van 25 tot 27 Julie.

Van links: Jo-Marié Kotze van Medivet Dierekliniek en Rolleen du Plessis by een van die afleweringspunte.
Rolleen du Plessis vertroetel ‘n hondjie by TAR.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0