Articles
Social & Community News
12 July 2019

Thabazimbi – Miemsie en die baie stout Leeu is ‘n eg Suid-Afrikaanse weergawe van Rooikappie, gebaseer op die boek deur Alex T Smith.


Dit vertel die storie van Miemsie wat by haar ouma gaan kuier. Oppad na ouma se huis kry sy vele van haar bosvriende soos Jimmy die ou krokodil, die apie broers, Mama kameelperd en haar baba – wat haar almal waarsku oor die stoute leeu.


Toe sy uiteindelik haar bestemming bereik begin sy snuf in die neus kry en besluit om vir die stoute leeu ‘n les te leer.


Die storie van Miemsie word aangebied deur die KunsteGrot en sal opgevoer word deur Bizzy Hands Puppet Company op 12 Julie by verskeie skole en kleuterskole in Thabazimbi.


Vir meer inligting kontak Rita Volschenk by 083 744 8559

Share this article with a friend...