Articles
Social & Community News
28 June 2019

Thabazimbi – DeBRA is êrens naby 40… en is ook al raakgesoen – maar hoekom hardloop hulle altyd weg? Sy wil weet wat sy verkeerd doen want sy sal verander, en enige iets doen! 


Het jy al gewonder wat jou bra sou sê as sy kon praat? Wel jy gaan nou uitvind... Debra se bravades word verklap deur haar… wel… bras…


Met jazz nommers soos At last tot disko treffers soos I will survive beloof hierdie rumoerige komiese kabaret om jou in medelye te laat skaterlag. 


Die vertoning sal op die KunsteGrot verhoog te siene wees op 12 Julie om 19:00. Kostes beloop R130 per persoon en piekniekmandjies is welkom.


Michelle Botha van Getroud met Rugby, en meer onlangs Binnelanders, vertolk die rol van Debra en die regie is gedoen deur Thomas Barlow. Die vertoning is 60 minute lank met ‘n ouderdomsbeperking van 16 en kan tweetalig opgevoer word.


Vir meer inligting kontak Rita Volschenk by 083 744 8559.

Share this article with a friend...