Articles
Social & Community News
21 June 2019

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op 13 Junie hul maandelikse vergadering gehou.

Lede het heerlike tamatiesous gemaak, en is beoordeel onder leiding van Celia Goosen en Mari Meintjes. Celia Goosen het ook tydens die vergadering vir die lede gewys hoe om hul eie borduurlappe te ryg. 


Om deel te wees van die VLU Northam-tak of vir enige informasie, skakel Chantell Steynberg gerus 
by 061 326 2724.

Blokke is gehekel om vir Hoërskool Driehoek komberse te maak.
Van links: Mari Meintjes en Celia Goosen besig om tamatiesous te proe en te beoordeel.
Celia Goosen wys die kuiergaste hoe om hul borduurlappe te ryg.

 

Share this article with a friend...