Articles
Sport & School News
21 June 2019

Thabazimbi – Plaaslike manne en manninne van Body20 Thabazimbi het op 9 Junie die 94ste Comrades Marathon aangepak, en die Thabazimbi Marathon Klub verteenwoordig. 


Die Comrades Marathon word deurgang beskou as die toppunt van maraton-uitdagings ter wêreld. Etlike duisende internasionale atlete ding jaarliks mee om ‘n gesogte medalje in te palm. Die wedren het sowat 05:30 by die Durbanse stadsaal begin en 12 ure later by die Scottsville-baan geëindig. Dit was die 48ste ‘op’-hardloop in Comrades geskiedenis. 


Vir twee van die Body20 Thabazimbi lede, was vanjaar hul eerste Comrades Marathon. Selfs die gesoute atlete het die maraton as ‘n reuse uitdaging beskryf. 

In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het Zanie van Rensburg gesê: “Die Comrades is sowaar een van die moeilikste en ook mees inspirerende dinge wat ek een keer per jaar aanpak.

Ongeag hoeveel Comrades maratons mens aanpak, is elkeen steeds uniek in eie reg. Die guts, kameraderie en deursettingsvermoë van deelnemers is elke jaar inspirerend.”


Baie geluk aan die volgende Body20 Thabazimbi lede wat aan die maraton deelgeneem het:

 

  • Liezel Blignaut 
  • Rainier le Roux 
  • Zanie van Rensburg  
  • Nataly van Dyk 
  • Alet Wilken
  • Moksie Pelser 


Vanjaar se maraton is gewen deur Edward Mothibi, werksaam te Rustenburg Impala Platinum myn. Hy het die maraton in vyf ure, 31 minute en 33 sekondes afgelê en trots sy trofee omhoog gehou. 


Die vroulike wenner, ‘n mede Suid-Afrikaner, Gerda Steyn het geskiedenis gemaak. Sy is die eerste vroulike Comrades Marathon atleet wat die maraton onder ses ure voltooi het, in ‘n tyd van vyf ure, 58 minute en 53 sekondes. 

Van links: Moksie Pelser, Nataly van Dyk, Zanie van Rensburg, Rainier le Roux, Alet Wilken en Liezel Blignaut.

 

Share this article with a friend...