/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
14 June 2019

Thabazimbi – Sermei Bornman is ses jaar oud en het Mei 2019 aangesluit by die Damasa model groep.

Haar modelloopbaan het met ‘n hoogtepunt afgeskop; sy is op Vrydag 10 Mei aangewys as een van die Mej. Thabazimbi finaliste. 


Deel van haar pligte as finalis, is om liefdadigheidswerk in die dorp te doen. Sy het dadelik skouer aan die wiel gesit en reeds die volgende projekte aangepak:

 

  • Sy het die inwoners van Tambotie Ouetehuis en nuwe mammas by MediClinic op Sondag 12 Mei gaan bederf met sjokolade, koekies en handgemaakte kaartjies vir Moedersdag.
  • Sy het ook  vir die verpleegsters by MediClinic op Verpleegsters Dag, wat ook op 12 Mei plaasgevind het, gaan dankie sê vir hul harde werk met sjokolade en kaartjies.
  • Sermei het Laerskool Thabazimbi se onderwysers gaan bederf met veerligte skons, konfyt en kaas tydens ‘n rus-periode om vir hulle dankie te sê alles wat hulle doen.
  • Sy is tans besig met ‘n Thabang Kinders projek waar sy noodsaaklike items insamel wat die kinders en huisgesinne kan help.   
  • Sermei het ook ‘n omgewingsbewustheid kompetisie geloods by Laerskool Koedoeskop waar die leerders deur middel van kunswerke die betekenis van omgewingsbewustheid kan uitbeeld. 

In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het Sermei gesê: “Dit is baie belangrik dat ons omgee vir mense en die omgewing.

As elkeen sy deel doen, kan ons ‘n verskil maak.” 


Sermei wil graag dankie sê aan Pick n Pay vir die sjokolade en koekies wat hulle geborg het om die projekte moontlik te maak. 


Baie dankie ook aan diegene wat haar sover ondersteun het met die Thabang Kinders projek.   
Vir meer informasie oor Sermei se liefdadigheidswerk of om self ‘n bydrae te maak, kontak Sermei se mamma, Nicki Bornman by 073 151 0035. 

Sermei en haar graad een juffrou Carien de Beer. 
Sermei Bornman en Jorrie Jordaan van Pick n Pay.
Martie Hartman van Tambotie Ouetehuis sê vir Sermei baie dankie vir haar sjokolade en kaartjie.
Sermei Bornman, een van die Mej. Thabazimbi finaliste.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0