Articles
Sport & School News
07 June 2019

Swartklip – Solidariteit Helpende Hand se Northam-tak, het op Saterdag 25 Mei ‘n gholfdag gehou ter fondsinsameling om terug te ploeg in die gemeenskap vir behoeftige gesinne. 


Solidariteit Helpende Hand se visie is om armoede te verlig, verbreek en voorkom. Hul het landswyd take wat hierdie visie in hul eie gemeenskappe uitleef en ‘n verskil maak in die lewens van behoeftiges, met ‘n fokus op kinders en bejaardes.


Die Northam-tak is reeds in hul negende bestaansjaar en maak ‘n reuse verskil in hul onmiddellike omgewing. Hulle bied ‘n studiefonds vir die gemeenskap en versprei jaarlikse tasse aan behoeftige graad een leerlinge. 


Aan die begin van die jaar het hulle ses kinders met skryfbehoeftes voorsien. 


Tans help die Northam-tak tussen drie en vyf gesinne per maand met kospakkies. Hulle betaal maandeliks drie kinders se busvervoer vanaf Northam tot in Swartklip. Hulle betaal ook ‘n student se verblyf aan die Universiteit van Vrystaat. 


Tussendeur help hulle behoeftige dogters met hul maandelikse toiletware. Hulle voorsien die gemeenskap met klere en benodighede reg deur die jaar en is ook betrokke by Laerskool Platina, waar hulle soms kinders met etes voorsien.

“Saam as gemeenskap kan ons ‘n groot verskil maak. Hierdie vrouens werk hard agter die skerms om armoede te help bekamp.

Ek self is ‘n ma met twee woelige seuntjies en werk ook voltyds. Baie dankie aan die gemeenskap se volgehoue ondersteuning. Sonder julle sal dit nie moontlik wees nie.

Kom ons vat hande en werk saam,” aldus voorsitter van Solidariteit Helpende Hand Northam-tak Natasha Prinsloo in ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder.


Baie dankie aan die volgende borge wat gehelp het om die gholfdag ‘n sukses te maak: Siyabangena Woman in Mining (WIM), Rock Safe, Jurie Smith, Obaro Northam, Northam Toyota, Northam Ultra Liquor, Food Zone Swartklip, Food Town Northam, Pieter van Rooyen, en Union Meat Swartklip. 
Die gholfdag het vir groot pret gesorg. Eers was die kele natgemaak en halfpad was die spelers bederf met ‘n lekker groot boereworsrol om weer kragte op te bou.


Die wenners van hierdie dag was as volg:

 

  • Eerste plek - Simon Kruger en Thys Cronjé wat elk ‘n R2,000 Game koopbewys ontvang het.
  • Tweede plek - Tallies Sadler en Chris Davies wat elk ‘n R1,000 Game koopbewys ontvang het.
  • Derde plek - Johan Hamman en Lincoln Wade wat elk ‘n R500 Game koopbewys ontvang het.

Om betrokke te raak by Solidariteit Helpende Hand, skakel voorsitter Natasha Prinsloo by 076 010 3241 of skakelbeampte Nickey Hamman by 083 231 6641.

 

Admire Masaire slaan ‘n harde hou vir liefdadigheid.

 

Simon Kruger en Thys Cronje is reg vir die dag.

 

Agter van links: Nicky Hamman, Letsie Els, Petronella van Biljon en Tarren Moodley. Voor van links: Natasha Prinsloo en René Laas.
Voorsitter van Solidariteit Helpende Hand, Natasha Prinsloo.

 

Share this article with a friend...