Articles
Crime & Accidents News
31 May 2019

Thabazimbi – Thabazimbi Crisis Control Centre (TCCC) is op Donderdag 23 Mei om 08:15 ontbied na ‘n stoor-brand op die plot van Dirk Coetzee te Kwaggasvlakte naby Thabazimbi.


Met hul aankoms het daar reeds een groot gasbottel ontplof wat later ongeveer 1km verder gevind is. 
Henk Havenga van TCCC het dadelik die gebied laat ontruim aangesien daar ‘n verdere twee 2,200 liter diesel-tenks aan die binnekant van die stoor geleë is – asook ‘n aantal gas-silinders.


Die plaaslike munisipale brandweer is ook terstond gekontak vir hulp.


Oomblikke daarna, het die gemeenskap van Thabazimbi ‘n tweede skudding beleef toe 'n tweede gasbottel ontplof het en die muur van die stoor in skrapnel verander en vernietig is. ‘n Derde gasbottel het later ook ontplof. 


Die diesel-tenks is deur TCCC uit die vuur verwyder en na ‘n plek van veiligheid geneem. Die intensiteit van die vuur was egter so geweldig hoog dat die hele stoor in puin gelê is.
Volgens Henk is die oorsaak van die vuur nog onbekend en die ondersoek duur voort.

‘n Lugfoto van die area wat gebrand 
Brandweermanne het hard gewerk om die vlamme te blus.

 

Share this article with a friend...