Articles
Social & Community News
31 May 2019

Thabazimbi – Thabazimbi Feed the Poor (voorheen Bethlehem) is ‘n instansie waar minderbevoorregte kinders na skool ‘n bordjie kos kry om te eet. Tans is daar tussen 80 en 150 kinders wat daagliks warm sop en pap kom geniet.


WES Enterprises het op 27 Mei, 50kg Seleka meel geskenk. Thabazimbi Feed the Poor maak van die geleentheid gebruik om hulle te bedank vir die donasie wat ‘n groot verskil gaan maak.


Meeste van die kleingoed besit skamele kledingstukke – en winter is op hande. Thabazimbi Feed the Poor doen ‘n beroep op die gemeenskap om in die kaste te grou en te kyk of daar nie oorbodige kinderklere is nie. 


Truitjies, baadjies, rokkies, bloesies, langbroeke, wessies, selfs kortbroeke,  mussies, serpe, skoene en tekkies is altyd broodnodig. Handdoeke en waslappies is ook welkom – asook enige persoonlike higiëniese produkte, soos seep, lyfroom en tandepasta sal ook welkom wees.


Donasies kan afgegee word by Montane Eiendomme by 24 Dertiendelaan of die kantoor van Platinum Bushvelder by 59 Van Der Bijlstraat.


Vir meer inligting, skakel Liezie le Roux by 082 893 4208 of Reinette Nell op 014 777 1003 of 081 309 3876.

Lede van WES Enterprises en die kinders van Thabazimbi Feed the Poor.

 

Share this article with a friend...