Articles
Sport & School News
02 October 2017

 

Cheetahs vs Pumas
In Bloemfontein behaal die Cheetahs ‘n naelskraapse oorwinning oor die Pumas en met die wen van 33-32 is hulle steeds in die wedloop vir ‘n uitspeel game. Hulle is tans tweede op die log met 30 punte met die Haaie los voor op 43. Die Cheetahs speel volgende teen die Griekwas in Kimberley met die Pumas wat ‘n welkome loslootjie geniet.

 


Haaie vs Bulle
In gietende reën behaal die Haaie hulle negende agtereenvolgende oorwinning en klop die Bulle 18-5. In díe ongure omstandighede was dit op die einde van die dag ‘n baie slordige game. Die hoogtepunt van die game het egter aan die jong Curwin Bosch van die Haaie behoort. Die begaafde losskakel het ‘n skitter skepskop oorgeklits en sal nog baie jare onthou word, alla Baas Naas ou grote. Die Haaie speel volgende teen die Leeus in die Haaitenk met die Bulle wat teen die WP op Fort Loftus gaan uitdraf.

 


WP vs Griekwas
Die WP was eenvoudig net een te veel vir die moedige manne van Kimberley. Die Kapenaars wen gemaklik 55-27 en is nou in die een binnebaan vir ‘n tuis semi ou grote. Die WP moet Loftus toe reis om teen die gekweste Blou Bulle te gaan uitdraf met die Griekwas wat tuis teen die Cheetahs gaan opdraf.

Nag ou grote…

Rugby kampioenskappe 2017

30 September: SA vs Australië: Bloemfontein om 17h05
1 Oktober: Argentinië vs Nieu-Seeland: Buenos Aires om 00h40 

Nag ou groene…

Share this article with a friend...