/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Headline News
10 May 2019

Thabazimbi – Jayden en Nathan Pretorius is op Vrydag 3 Mei in Mediclinic Thabazimbi gebore. Hulle is Mediclinic se eerste tweeling! 


Jayden is eerste om 04:49 gebore, en hy het 2.2kg geweeg en is 43cm lank. Nathan is op sy beurt om 04:50 gebore, hy het 2.3kg geweeg en is 40cm lank.


In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het mamma Zelda Pretorius gesê: “Ek is die trotse ma van drie pragtige seuns. Ek was baie opgewonde toe ek uitvind dat ek ‘n tweeling verwag. Jayden is knaend honger en trek sy gesiggie wanneer hy sy dummy uitspoeg.

Nathan is die rustige ene van die twee en slaap maklik. My twee karnallies is elk gebore met ‘n vreeslike bos hare. Ek is baie dankbaar vir Mediclinic Thabazimbi se top-gehalte diens – die susters is engele!” 


Die tweeling het vier dae vroeër hulle opwagting gemaak as wat verwag is, maar Zelda en haar man Wickus, is vreeslik opgewonde oor die nuwe tweeling avontuur wat vir hulle voorlê. Baie geluk! 

Trotse ma en pa Zelda en Wickus Pretorius saam hul nuwe tweeling Jayden en Nathan.
Jayden en Nathan Pretorius.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0