Articles
Social & Community News
10 May 2019

Thabazimbi – Nico Human het Woensdag 1 Mei, sy 81ste verjaarsdag gevier. Platinum Bushvelder wens hom ‘n geseënde lewensjaar toe.


Nico is al sedert 1979 deel van die Thabazimbi gemeenskap. Hy was ‘n baanbreker by Anglo American Kumba Iron Ore – toe nog Iscor – as hoofmynopmeter.  


Nico het op 63-jarige ouderdom afgetree, maar Kumba het steeds van tyd-tot-tyd van Nico se vernuf in die vorm van kontrakwerk gebruik gemaak. Hy was ook een van die dryfkragte wat gehelp het dat die Thabazimbi Ysterertsmyn boek, oor die geskiedenis van Thabazimbi, die lig gesien het.


Nico het steeds nie afgetree nie – met sy kennis help hy nog verskeie maatskappye as konsultant. 

Nico Human

 

Share this article with a friend...