Articles
Social & Community News
12 April 2019

Thabazimbi – Thaba Nkwe het op Saterdag 6 April die Bosveldfees aangebied.

‘n Gedeelte van die fondse wat ingesamel is, gaan na die Suid Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF), ten bate van hulle I Care fonds. 


Die I Care fonds word gebruik om kinders te help, wat mediese sorg nodig het en ouers nie ‘n mediese fonds kan bekostig nie. Verskeie uitstallers was die dag op die terrein.

Almal was bekommerd dat die fees dalk sou uitreën, na die heerlike reën wat die Vrydag hier in die Bosveld geval het, maar dit was ‘n lieflike dag.

Baie dankie aan elke lid van die gemeenskap wat die fees bygewoon en ondersteun het.

Van links: Anne-Marie Olivier en Magda Stewart van Thabazimbi Animal Rescue (TAR).
Leonie Hefer en haar ma Louise Oosthuizen het tuisgemaakte lekkergoed verkoop.
Van links: Ronel Emslie, Claudette Ras, Pierre Fourie, Mel van der Westhuizen en Gerhard Theron het Ford verteenwoordig tydens die geleentheid.
Van links agter: Janita Barnard, Christelle Barnard, Annemarie Oosthuizen, Sheryl Swanepoel en Annelie Connear. Van links voor: Magda de Clerk, Liz van Tonder, Lenie Nienaber van die SAFV.

 

Share this article with a friend...