Articles
Social & Community News
12 April 2019

Thabazimbi – Plaaslike model van Studio III Model Management and Casting agency, Bianca van Niekerk, het met die internasionale titel as Top Teen Model of the Planet 2018 weggestap tydens ‘n kompetisie in Tbilisi, Georgia op 22 Maart. 


Bianca het as verteenwoordiger van Suid Afrika aan die Top Teen Model of the Planet skoonheidskompetisie deelgeneem, waar sy teen 15 ander lande meegeding het.

Amanda Kriel, nasionale direkteur van hierdie kompetisie in Suid Afrika, het Bianca en haar gesin vergesel na hierdie glansgeleentheid. 


Buiten hierdie titel is Bianca ook aangewys as die Suid Afrikaanse Mode Model 2019 en sal sy Suid Afrika verteenwoordig in die Wêreld Mode Model kompetisie wat vanjaar in Junie maand in Italië plaasvind. Ons is trots op hierdie pragtige meisie van Thabazimbi!

Bianca van Niekerk

 

Share this article with a friend...