/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Headline News
29 March 2019

Thabazimbi – ‘n Trok met ‘n ekstra sleepwa, het Dinsdagmiddag 19 Maart sy sleepwa, met ‘n plaasimplement op, op die Krokodilrivierbrug verloor.

Die sleepwa het deur die brug se tralies gebars en die implement het aan ‘n boom gehang terwyl die sleepwa op die rivierbedding te lande gekom het.


Min wetend van die ongeluk, het ‘n krisis op die Botes-plaas, naby Swartklip homself afgespeel. Deidré Botes, agt maande swanger met haar en Sampie se eersteling, het begin kraampyne ervaar. Ida Swanepoel, haar ma, het besluit hulle moet dadelik hospitaal toe – al was dit vyf weke vroeg.

Deidré het die vorige week ook kraampyne ervaar en was by Mediclinic Thabazimbi opgeneem en na Rustenburg oorgeplaas, waar sy behandeling ontvang het om ‘n vroeë geboorte te verhoed.


Intussen is daar deur die insleepdienste, verkeerspolisie en nooddienste besluit dat die paaie stiller is saans, om die pad te sluit, die ideale tyd om met die opruiming van die pad te begin. 
Die geskokte familie kom toe voor ‘n gesluite  pad, oor die brug te staan. 


Ida het bestuur, maar Sampie – soos enige senuweeagtige pa – het uitgespring en almal gesmeek om te help dat hulle die hospitaal betyds bereik. Hulle is ingelig dat hulle moet terugreis tot by die Makoppa-afdraai en die grondpad moet volg tot by die Dwaalboom Thabazimbi pad.

‘n Ompad  van ongeveer 50km, die onbekende grondpad deur die poort, met volop wild, in die donker en met geen selfoonopvangs... het soos ‘n nagmerrie geklink.


Gelukkig was Henk Havenga en sy personeel, Annelize en Mari, ook op die toneel. Hulle het hul na die Botes-familie gehaas en besef dit is ‘n noodgeval! Dokter Andries Buys is geskakel en ‘n noodvoertuig met personeel, sou Deidré oor die brug help, hospitaal toe.

Henk en sy personeel het besef die ambulans sal te lank duur, dit gekanselleer en gereël dat die sleepwa wat die brug volstaan, onmideelik verwyder word – sodat die Botes familie spoedig kan oorbeweeg.


Almal betrokke by die opruiming het aan die werk gespring om die brug vir die noodgeval oop te maak. Met hul aankoms by Mediclinic Thabazimbi was dokter Andries, twee van sy kollegas en die kraampersoneel reg vir die noodgeval.

By deeglike ondersoek is bevind Deidré moet dadelik teater toe vir ‘n noodkeisersnee. Teen 11uur die aand het ‘n 2.28kg seun, Handre, sy eerste lewenslig aanskou. Moeder en seun is ongedeerd en is later die week uit die hospitaal ontslaan.

Die geskokte bestuurder van die vragmotor was oppad na Vrystaat toe en het gelukkig ook geen beserings opgedoen nie.

In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het die bestuurder van die vragmotor gesê: “Ek het geen idee hoe die sleepwa losgekom het nie.

Ek vermoed hy het ‘n slaggat of ‘n ongelykheid op die teeroppervlakte getref, wat die wa laat losruk het.”


Die Botes-familie bedank almal wat hulle gehelp en bygestaan het - die nooddienste, verkeersmense en insleepdienste op die brug en natuurlik dokter Buys, sy medehelpers dokter Willem du Plessis en dokter Erick Legone en die kraampersoneel.

Die plaasimplement het in die bosse beland.
Die plek waar die sleepwa deur die tralies gebars het.
Deidré Botes en klein Handre. 

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0