Articles
Social & Community News
15 March 2019

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak se tema tydens hul vergadering op Donderdag 7 Maart, was gesondheid.

Suster Helena Greeff het met die lede gesels oor hoë bloeddruk en hoe om jou cholesterol beter te beheer. 


Die boom van die jaar, die Maroelaboom, is uitgestal en Riana Oosthuizen het die groep meer vertel oor die boom en die verskillende produkte wat van sy sap gemaak kan word. 


Vir enige navrae of om deel te wees van VLU Northam-tak, kontak skakelbeampte Chantell Steynberg by 061 326 2724.

Suster Helena Greeff vertel van hoë bloeddruk en kolesterol.
Van links: skakelbeampte Chantell Steynberg, Koekoes van der Westhuizen, sekretaresse Desré Janse van Vuuren, Angela Potgieter, Christelle du Plessis, Madeleine Meintjes, Mari Meintjes, voorsitter Riana Oosthuizen, Annette Botha, Hemien Grobler, tesouriere Natasha Prinsloo en Marietjie van der Merwe.

 

Share this article with a friend...